Tuesday, April 6, 2010

Making videos!!

Hey everyone!! I want to make a video, but I do not know how!!! So if you can just give me some advise, and show me how to put the video on my blog. No-one has gone on my blog since last month!! Ther are stories that I am putting on my blog, and today I put a picture of someone on my blog, and if you can guess who that person is, than you must know a lot about me!!Anyway, just tell me how to put the video on my blog, and then I can turn my stories into videos!!

Geuss who?


This is the very first picture that I have on my blog!!

Monday, April 5, 2010

What is wrong?!?!

Ihave noticed that peopl do not want to go onto my blog any more. I am the only one on my blog. Please tell people of my blog and go onto my blog. If you can advertise my blog on your blog and I will advertise your blog. Is that a deal?
THANKS FOR THE PEOPLE THAT VISSIT MY BLOG!!!

STAY TUNED!!

Die ander helfte van die storie sal volgende week uit kom en verskyn op my blog!!!
P.S. onthou om vir mense te vertel van my blog en versprei die nuus!!
My vriend se blog is www.theworldonourshoulders.blogspot.com en ek wil he dat julle dit asseblief besoek!!!

PART 1

Gerda en haar broer, Jan, het op ‘n berg gebly in ‘n stad saam met hulle ma en pa. Gerda was baie stout. Haar broer, Jan, was nog ‘n baba en hy was baie stil. Hulle oom het ‘n groot plaas gehad. Dit was baie ver van hulle huis af. Gerda was baei lief vir haar oom. As die skool sluit dan wil sy na die plaas toe gaan. Die oomblik wat hulle by die plaas kom is sy in ‘n boom of besig om na die kraal te draf. Daar was ook diere op die plaas. Daar was koeie, skape, bokke, hase, honde, ‘n kat en nog vele wildsdiere. Gerda het die meeste van die hase gehou. Die skool gaan sluit oor vyf dae. Gerda is so opgewonde en kan nie in die aand slaap nie. Een aand met aandete het Gerda se ma vir haar ‘n lekker koppie warm melk gegee. Daardie aand het sy vroeg gaan slaap, want die melk het haar baie moeg gemaak, en toe sy wakker word die volgende oggend skyn die son helder en mooi oor Gerda se bed. Gerda het vinnig aangetrek vir skool. Hulle skooldrag was groen rokke met wit strepe, wat glad nie mooi was vir Gerda nie. Sy het by die trappe af gehardloop en uit die deur uit. “Gerda, kom eet ontbyt voordat jy skool toe gaan,want ek sien jy is weer op n jagtog” skree haar Ma.“Jammer mamma. Ek kom nou.” antwoord Gerda en hardloop terug na die kombuis. Vir ontbyt het sy ‘n lekker vrugtesap gedrink, en daar was vars eiers van haar oom se plaas. Spek wat gebraai is met die dun korsie vet was haar gunstelling dis en om dit te perfek met roosterbrood en ‘n konfyt. Sy het eers ‘n hele rukkie gesit en eet saam met haar ma.
Jan het alweer sy bottle laat val en ma moes hardloop om hom te keer soda hy nie afklim en dit gaan haal nie. Gerda was heeltemal alleen, met hulle hond Worsie. Sy het ‘n slim plan gehad. Gerda het vir worsie haar oorskiet ontbyt gegee, omdat sy haastig was.. Ma het af gekom met Jan op haar arm, net betyds om Gerda te groet wat haastig by die deur uit is. Haar pa het haar skool toe geneem. In die motor het sy deur al die radiostasies na gegaan opsoek na ‘n liedjie. Haar pa het haar gevra wat sy doen en sy het geantwoord dat sy n liedjie soek wat al die maats van hou. Pa het kwaad geword aangesien hy die nuus wou hoor en die radio afgesit, sodat nie een van die twee nou kan luister nie. Gerda het toe baie opgeruk en kwaad by die skool uit geklim en die motor deur hard toe gemaak. By die skool het Gerda ingestap en gesien dat almal gewone klere dra en toe besef sy dat daar iets gaan gebeur wat sy vergeet het aangesien sy die enigste een in skool klere is. Sy hardloop volspoed na haar maats en vra hulle hoekom dra hulle nie skool klere nie. Voordat hulle kon antwoord, lui die klok. Gerda gaan sit toe in die badkamer en begin huil. Haar juffrou het haar in die klas gesoek en agter gekom sy is nie daar nie. Susan en Marie, Gerda se vriendinne, het vir juffrou gese dat sy dalk in die badkamer is. Juffrou het twee kinders aangestel in haar afwesigheid. In die badkamer was Gerda al aan die slaap op die vloer. Juffrou het ingekom en haar sien le op die vloer, vir Gerda opgetel en getroos, wat haar beter laat voel het. Sy het saam met juffrou na haar klas gestap. Hulle het lekker werk in die klas gedoen en ‘n paar optel somme. Die juffrou het net voor pouse wat oor vyf minute was vir Gerda na die klere bank gestuur om vir haar gewone klere aan te trek. Pouse was Gerda dood honger aangesien sy haar ontbyt gedeel het met haar hond Worsie. Sy was verbaas toe sy oplet al die kinders het alweer verander en swemklere aangetrek. Nou was Gerda nie net hartseer nie maar ook teleurgesteld aangesien sy mal was oor waterspele. Sy het besluit dat wat ook al gebeur sy sal deel neem aan die waterspele al is dit nou in haar klere wat sy aan het. Nadat hulle geswem het, het almal weer hulle klere aan getrek en klas toe gegaan. Gerda was te skaam om die enigste een te wees in skool klere toe besluit sy om in haar nat klere te sit. Juffrou het hulle ingelig net voor die klok lui dat die skool weer sal oopmaak oor 24 dae. Gerda het stadig saam met haar vriendinne na die hek geloop. Terwyl hulle geloop het Gerda koud gekry aangesien haar klere nog nat was en daar het n wind gewaai. Haar ma was baie kwaad omdat Gerda nat was. In die kar het haar ma ‘n handoek neergesit sodat sy nie die sitplekke nat maak nie. Gerda het agter in die kar gesit saam met Jan, haar boetie. By die huis het Gerda se ma haar gebad en warm aangetrek. Sy vir haar kos in die bed gebring en ‘n sakdoek. “Waarvoor is die sakdoek, mamma?” Haar ma het geglimlag en die kos vir haar neergesit. Gerda het dankie gese en begin eet, terwyl haar ma die televisie aangesit het en die kamer verlaat. Die volgende oggend was Gerda se neus toe en haar kop was seer. Sy het haar sakdoek gevat en hard geblaas. Haar ma het ingekom en gese dat hulle eers volgende week na die plaas kan gaan. Gerda was kwaad, hartseer en teleurgesteld. Sy het die hele tyd haar neus geblaas sodat sy beter kan voel, maar dit het nie gehelp nie. Die volgende oggend was haar verkoue baie erger en haar ma het haar in die bed gehou en sy het met haar boetie op die bed gespeel. Toe sy verveeld raak het sy haar boetie laat slaap en op die rekenaar gegaan. Terwyl haar ma die aand kos maak het Gerda haar Boetie gebad en sy bottel gegee. Nadat Gerda self lekker gebad het, het sy haar boetie aan die slaap gewieg. Al wat sy kon doen van verveeldheid is om voor die televisie te le tot sy aan die slaap geraak het. Gerda het die volgende oggend wakker geword en baie beter gevoel. Haar ma het gese dat hulle maar more plaas toe kan gaan. Gerda was so opgewonde, dat sy haar ma gehelp met haar Boetie, sodat hulle winkels toe kan gaan om vir die plaas goed te koop. Die drie het saam winkel toe gegaan, maar soos altyd het die twee meisies ( Ma en Dogter ) eers na die duur parfuum gaan kyk. Hulle het baie lank gevat, want hulle koop nie hulle toets net die reuke. Jan het al begin hoes van al die reuk. Gerda en haar ma het toe besluit om kos te gaan koop aangesien die plaas ver van die dorp is. Die hele dag was so lekker. Gerda wou ‘n rolprent gaan sien het saam met haar ma, maar haar boetie sou nie stil sit nie. Haar ma besluit toe om n DVD te huur en dan kan hulle rustig en ontspanne by die huis kyk veral as hulle springmielies skiet. Gerda se pa het eers laat by die huis gekom. Teen die tyd dat haar pa by die huis gekom het, was Gerda al lankal aan die slaap, alhoewel Jan haar boetie nog wakker was. Gerda se ma en pa het gesukkel om Jan aan die slaap te kry, want net Gerda kon dit doen. Hulle moes maar vir Gerda wakker maak sodat sy vir Jan in sy mandjie aan die slaap kan wieg soos altyd. Gerda was so kwaad vir haar ma en pa omdat hulle haar wakker gemaak het. Eers nadat hulle vir haar verduidelik het dat sy haar broer aan die slaap moet wieg, was sy nie meer kwaad nie, want sy was lief vir hom. Gerda het net op haar bed gaan neerval en gedroom van die plaas, want sy was moeg van die vol dag. Sy het gedroom dat al die diere op die plaas kon praat en net sy kon hulle verstaan. Daar was ook ‘n feetjie op die plaas. Gerda het die volgende oggend wakker geword met die son op haar gesig. Sy het uitgestrek en rondom haar gekyk, en skielik besef dat vandag gaan sy plaas toe. Gerda het opgespring en vir haar skoon klere aangetrek. Sy het uit gehardloop na die motor om al haar begasie in te laai.

Sunday, April 4, 2010

Cronicles

Ihave told you that I am writing a long story of 30 pages right? Well because it is to long, I am going to put it on my blog part by part. so now we can all read it. Them there is something i want to ask you. I want you to vissit two blogs:
1. www.jacobll.blogspot.com (my uncle's blog)
2. www.theworldonourshoulders.com (a very haert-touching blog)
so just do that for me and I will be happy and dont forget to tell everyone about my blog!!!